100% gesindheid in alles wat ons doen!
ONS GESKIEDENIS
Aanvanklik het die skool onderrig gebied tot Standerd 2 (Graad 4), maar die skooltjie het vinnig gegroei totdat dit in 1966 ‘n volwaardige Primêre Skool geword het met die eerste Standerd 5 (Graad 7) klas.
Op 15 Mei 1964 word die skool se kleurbaadjie vir die eerste keer deur ‘n Sub A (Graad 1) leerder, Louise Smit, gedra. Die skoollied is deur Mnr. A.H. Wasserman gekomponeer en getoonset en word die eerste keer deur leerders op 14 April 1966 gesing. Gedurende 2013 word ‘n nuwe, effenkleur skoolbaadjie vir die leerders in gebruik geneem.
Die nuwe skoolgebou word op 7 September 1974 ingewy. Tans beskik die skool oor die mees moderne geboue en ‘n pragtige, goed ontwikkelde terrein. Die Primêre Skool Jordania het deur die jare gegroei tot die toonaangewende skool in die Oos-Vrystaat en word as een van die bestes in die provinsie gereken. Daar is tans sowat 830 leerders in die skool vanaf Graad R tot 7. Die skool beskik ook oor ‘n baie bekwame en uitgebreide personeelkorps wat die leerders in hulle opvoeding begelei.
Gedurende 2018 het Jordania sy 60-jarige bestaansjaar, met die jaartema "Op die voetspoor van voortreflikheid" gevier.