Ons glo in elke kind se potensiaal. Akademie is ons hoogste prioriteit en daarom streef ons na ‘n hoë akademiese standaard.
Ons maak gebruik van die beste onderrigmetodes en nuutste tegnologie in ons klaskamers, om te verseker dat elke leerder se volle potensiaal bereik word.
Lesse word verryk deur ‘n
verskeidenheid van
elektroniese hulpbronne.
D.m.v. Smartboards en
Internettoegang in alle
klasse, kry leerders
toegang tot opvoedkundige
video’s, powerpoint lesse
en interaktiewe speletjies.
Kurrikulum word verryk
deur Future Fun Caps
Leerders kan deelneem aan
‘n verskeidenheid
kompetisies.
Amesa; Wiskunde in Aksie;
Sanlam WOW Spelfees; ATKV
Redenaars; ATKV;
Leesprojek;
Astro Quiz & Departementele
Vasvrawedstryde
Die hart van die projek is om
‘n liefde vir lees en leesontwikkeling te bevorder. Elke week tydens ‘n “Drop All
and Read” periode, kry
leerders kans om na
voorlesings te luister, hul eie
boeke te lees of hardoplees
te oefen.
Elke graad het ‘n in- of
uitstappie wat opvoedkundig
van aard is.
Spesiale Dae by die Skool
Ons beskik oor ‘n goed
toegeruste biblioteek met ‘n
verskeidenheid van fiksie en
nie-fiksie boeke
Liggaamlike opvoeding
Hier by Jordania is dit vir ons belangrik dat leerders van jongs af leer om aktief te wees.
Ons bied vir Graad 1 tot 7 leerders weekliks verskeie vaardighede.
Die aktiwiteite word aangepas om by elke ouderdomsgroep se vaardighede aan te pas.
Die aktiwiteite word dan progressief aangepas soos die leerders ontwikkel.
Hierdie is ‘n groot hoogtepunt vir die leerders en hulle geniet dit baie!