top of page
sport
ZIGZAG1.png
arrow3.png

SPORT

banner3.png

Ons poog om alle leerders te betrek by een van die verskeie sportsoorte wat aangebied word. Deur aan ‘n spansport of individueel deel te neem, vorm dit ‘n integrale deel van elke leerder se opvoeding.

IMGBIN_drop-down-list-computer-icons-png
Jordania LOGO2.png
pngegg - 2021-04-20T135126.197.png
rugby

Rugby

By Jordania is rugby meer as net sport.  Rugby leer ons seuns hoe om 'n ordentlike jong man te wees met waardes wat ons uit die sport kan leer.  Meer as 200 seuns is aktief besig.  Formele afrigting vind plaas vanaf Graad R tot die ouderdom van 0/13.  Die oefeninge begin reeds in Februarie en duur voort tot aan die einde van die tweede kwartaal.

 

Jordania bied ook jaarliks die Jordania / Witteberg rugbyweek aan.  Skole van die Vrystaat, Gauteng en Mpumalanga neem hieraan deel.

 

Ons A, B en C spanne neem in die Wesgrow-liga deel.  Die liga beskik oor skole van Bloemfontein, Kroonstad en Bethlehem.  Ons C-spanne neem ook in die Riemlandliga deel.  So verseker ons dat die seuns almal 'n geleentheid kry en om ook kompeterend te wees.

​

Ons poog om by elke seun die liefde van sport te kweek en elke seun tot sy volle potensiaal te ontwikkel.

ZIGZAG2.png
Rugby.JPG

Krieket

Primêre Skool Jordania neem al jare aan die Thabo Mofutsanyana (Oos-Vrystaat) se nie-amptelike liga deel.  Ons slaag daarin om elke jaar drie of vier spanne per ouderdomsgroep af te rig.

 

Ons A,B en C-spanne neem deel aan die vaste bepalings terwyl ons vriendskaplike wedstryde vir die D-spanne reël.  Jordania beskik oor 'n netjiese, afsonderlike krieketveld, wat ongeveer 'n kilometer van die skool geleë is en ingerig is met 'n grasdak lapa, 'n groot kolfblad en vier krieketnette.

 

Ons A-spanne neem regdeur die krieketseisoen aan verskeie toernooie deel.  Die Jorrie Kriekettoernooi is 'n jaarlikse hoogtepunt.  By dié toernooi kry AL die spelers 'n kans om in gemengde spanne met regverdige reëls teen mekaar mee te ding.

 

Ons neem deel in die onderskeie mini-krieket, 0/9, 0/11 en 0/13 ouderdomsgroepe.  Die afgelope 10 jaar het Jordania jaarliks die meeste Oos-Vrystaat krieketspelers in die Thabo Mofutsanyana distrik opgelewer, asook die meeste Vrystaat krieketspelers van al die betrokke skole opgelewer.  Ons neem ook in Kimberley deel aan toernooie.

Krieket1.jpg
Krieket2.jpg
krieket
ZIGZAG2.png

Hokkie: Dogters

BLOKS.png
hokkie.JPG
ZIGZAG1.png
hokkie

Jordania hokkie-bokkies woeker met hul hokkie talent op verskeie gebiede.

 

Ons skryf jaarliks 5 liga-spanne in die Oos-Vrystaat liga waar ons jaar na jaar baie goed vaar met al ons spanne. Toere word gereël en ons ding kompeterend mee teen baie grootter skole reg oor die land.

 

Die Mini-hokkie bokkies staan vir niks of niemand terug nie. Ons speel gereeld verskeie toernooie waar ons speler die geleentheid kry om te ontwikkel en afrigters geleenthede kry om vaardighede op te skerp.

 

Jaarliks lewer ons talle provinsiale spelers op met afrigters wat ook provinsiaal afrig en skeidsreg.

hokkieS.JPG

Hokkie: Seuns

Jordania se seunshokkie stel die afgelope paar jaar die bo-toon.  Ons was bevoorreg om nog elke jaar in die finaal te speel van die Oos-Vrystaat liga. Die mini-hokkie het ’n voedingsbron geword vir die Seniorspanne. Jordania se seunshokkie groei van krag tot krag a.g.v. die goeie afrigters by ons mini-hokkie.

​

In 2023 was ons die Oos-Vrystaat ligawenners en naaswenners van die Noord-liga.

 

Ons poog om by elke span die beste afrigters te kry en om kursusse by te woon. Ons reël gereeld dat afrigters van Nasionale standaard ons afrigters en kinders kom ondersteun en help. Jordania het dus ook tot op hede die meeste o/12 Oos-Vrystaat spelers en o/13 die meeste Noord-Vrystaat spelers opgelewer.

Netbal

Jordania speel netbal van o/7 tot o/13. Ons poog om elke jaar van o/10 af 3 spanne vir die liga in te skryf. o/7 en o/8 neem deel aan 4 verpligte netbalfeeste wat gedurende die seisoen aangebied word.

 

Afrigters word jaarliks blootgestel aan kursusse en klinieke om op hoogte te bly met afrigtingstegnieke. Skeidsregters woon elke jaar ‘n reëlbespreking by aan die begin van die netbalseisoen en gradeer jaarliks om hul gradering te behou of te verbeter.

 

Gedurende die Maart-vakansie word toere / afrigtingskursusse spesifiek vir die o/12A en B, asook o/13A en B spanne gereël. Nie net kry ons A en B spanne baie speelgeleentheid nie, maar die C en D spanne kry ook geleenthede om hul netbal te bevorder by verskeie toernooie en wedstryde. Jordania lewer elke jaar of wat ‘n Vrystaatspeler of 2 op waarop ons baie trots is!

Netbal1.JPG
netbal
landloop
Landloop1.jpg

Landloop

Daar is weekliks gereelde oefeninge en die Oos-Vrystaat (Thabo Mofutsanyana) ligas strek van die tweede kwartaal tot aan die einde van die derde kwartaal.

ZIGZAG2.png

Atletiek

Primêre Skool Jordania se missie met die atletiek wat ons aanbied is om elke kind ten volle te onwikkel om sy/haar volle potensiaal op die atletiekveld te behaal.

Met die volgende missie wat ons voorop stel kan ons met trots sê dat ons van die top afrigters in die Oos-Vrystaat het. Nie net bou ons die kind se selfbeeld uit nie, maar word daar ook Christelike waardes en beginsels by ons atlete vasgelê.

Elke atleet moet ook geniet wat hy/sy doen en so word prestasie bevorder.  Jordania is een van die Oos-Vrystaatse skole wat jaarliks spog met die meeste atlete om aan die Vrystaat Kampioenskappe te gaan deelneem, asook deelname aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe.

Atletiek2.jpg
ZIGZAG2.png

Tennis

By Jordania is tennis vir ons 'n baie hoë prioriteit.  Daar word aan elke leerder die geleentheid gebied om tot sy/haar volle potensiaal te ontwikkel.  Daar word aan talle leerders die kans gegee om die sport te geniet, van beginners tot Oos-Vrystaat spelers.  Jordania spog met talle Oos-Vrystaat tennisspelers, asook spelers op die Vrystaat leer.  

 

Ons neem jaarliks aan beide die 0/11 en 0/13 Life Tennistoernooie, deel.  Ons top 8 tennisspelers toer Junie maande ter voorbereiding vir hul seisoen.  Jaarliks word daar aan die Super 8 deelgeneem.  In 2019 was Jordania onoorwonne in alle afdelings, enkels en dubbels.  

 

Daar is meer as 15 tennisspanne wat jaarliks aan die Oos-Vrystaat liga deelneem en waarvan vele, jaarliks as wenners uit die stryd tree.  Om 'n tennisspeler by Jordania te wees, is een groot fees!

Tennis1.jpg
atletiek
tennis

Fietsry

Jorries word viets op 'n Bergfiets!

 

Bergfietsry word as 'n nuwe opwindende sportsoort vanaf 2021 by Jordania aangebied.

 

Die besluit is geneem om met bergfietsry as sportsoort te begin omdat die Covid-19 situasie talle kinders van tradisionele buitemuurse bedrywighede ontneem het en sodat daar meer geleenthede vir kinders is om te kan deelneem.  Die ryers ry sowat 15 kilometer op 'n slag teen 'n gemiddelde spoed van 16 kilometer per uur.  Leerders word hier blootgestel aan modder, grondkoop, natuurskoon en vinnige asemhaling.

 

Bergfietsry is 'n sportsoort wat plaaslik en internasionaal al meer gewild raak onder oud en jonk.  Boonop skop jy letterlik 'n bergfietsroete agter elke bos uit.  Die volgende is redes om die speke te laat sing:

Sosialisering - kinders gesels lekker met mekaar en vertel stories

Natuurskoon - 'n mens ry op plekke en sien dinge wat jy nie andersins sal sien nie.

Gesondheid - kinders raak fiks en bly gesond en kan selfs lekker gewig afskud.

Intellektuele stimulering - die sportsoort is nie net fisiek nie, maar dit verg ook baie konsentrasie om die tegniese vaardighed van die sportsoort aan te leer.

 

Bergfietsry word vir graad 4 tot graad 7 leerders aangebied en daar word twee maal per week vir sowat 'n uur gery.  Me. Tanya van Niekerk en Mnr. Ebarnie Cilliers is in beheer van die Bergfietsry by die skool en beplan nog baie avonture saam met die leerders.  As die gogga jou eers gebyt het, is daar geen brieke  nie!

fietsry

Skaak

Jordania bied skaak aan as ‘n buitemuurse aktiwiteit vir graad 1 – 7 leerders. Skaak is nie net ‘n baie lekker speletjie nie; dit maak jou slim ook! Dit bevorder die ontwikkeling van beide die regterbrein (kreatiewe denke), sowel as die linkerbrein (logiese denke) en verbeter jou konsentrasie-vermoë.

​

Ons gevorderde spelers neem op provinsiale en nasionale vlak deel.

 

​

Skaak1.jpg
banner3.png
Jordania LOGO2.png
skaak
bottom of page